3 Die een dag sê dit vir die volgende dag,die een nag sê vir die volgende nag wat gebeur het.
4 Niemand hoor dat die hemel praat nie,hy praat nie ’n taal en woorde nie.
5 Maar oral weet die mense wat die hemel sê,mense van die hele wêreld verstaan hierdie taal.God het vir die son ’n plek gegee in die lug,
6 en wanneer die son opkom en soos ’n soldaatvrolik op sy pad begin loop,dan is hy soos ’n bruidegomwat uit sy slaapkamer kom.
7 Die son kom ver in die ooste open gaan ver in die weste onder,en niemand kan wegkruip vir hom nie,hy laat almal warm kry.
8 Wat die Here wil hê ’n mens moet doen,is beter as alles,dit laat ’n mens lewe.Wat die Here sê, kan ’n mens glo,dit gee wysheid vir jongmense.
9 Wat die Here beveel, is reg,dit maak ’n mens bly.Wat die Here sê ’n mens moet doen, is regverdig,dit laat ’n mens weet hoe hy moet lewe.