1 Hoekom is die volke opstandig,hoekom raas hulle?Dit sal niks help nie.
2 Die konings van die aarde, die mense wat regeer,het bymekaargekom en planne gemaakteen die Here en teen sy gesalfde.
3 Hulle sê: “Ons wil vry word,ons wil hulle nie meer dien nie.Ons wil die toue stukkend breekwaarmee hulle ons vasgemaak het.”
4 Maar die Here wat in die hemel woon,lag vir hulle, Hy spot hulle.
5 En dan word Hy kwaad,Hy praat en Hy laat hulle skrik.
6 Hy sê: “Dit is Ék wat my koning gesalf hetop Sion, my gewyde berg.”