4 Maar die Here wat in die hemel woon,lag vir hulle, Hy spot hulle.
5 En dan word Hy kwaad,Hy praat en Hy laat hulle skrik.
6 Hy sê: “Dit is Ék wat my koning gesalf hetop Sion, my gewyde berg.”
7 Ek, die koning, sal sê wat die Here gesê het.Die Here het vir my gesê:“Jy is my seun,Ek is van vandag af jou Vader.
8 Jy mag vir My vra om al die volke op die aardevir jou te gee,en Ek sal hulle vir jou gee,hulle sal almal aan jou behoort.
9 Jy sal hard oor hulle regeer,soos ’n koning met ’n yster-septer.Jy sal met hulle doen wat jy wil,soos wanneer iemand ’n kleipot stukkend slaan.”
10 Daarom, konings, julle almal wat op die aarde regeer,julle moet verstandig wees en leer.