10 Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is,U het my veilig laat rus teen my ma se bors.
11 U het vir my gesorg vandat ek gebore is,U is my God vandat ek klein was.
12 U moenie ver van my wees nie,want dit gaan sleg met my,en daar is niemand wat my help nie.
13 Daar is baie vyande rondom my,hulle staan om my soos bulle uit die land Basan,
14 hulle is soos leeuswat hulle bekke groot oopmaakom te brul en om my dood te byt.
15 Dit voel of ek soos water uitgegooi is,my bene lê oral rond,my hart is soos byewas wat binne-in my smelt.
16 Dit voel of ek niks meer kan doen nie,ek is soos ’n droë, stukkende kleipot,ek is so dors dat my tong vassit bo-in my mond.Dit voel of ek dood is en of U my op die grond laat lê het.