15 Dit voel of ek soos water uitgegooi is,my bene lê oral rond,my hart is soos byewas wat binne-in my smelt.
16 Dit voel of ek niks meer kan doen nie,ek is soos ’n droë, stukkende kleipot,ek is so dors dat my tong vassit bo-in my mond.Dit voel of ek dood is en of U my op die grond laat lê het.
17 Ja, ’n klomp slegte mense staan soos honde om my,hulle bind my hande en my voete vas.
18 Ek is so maer dat ek al die benein my liggaam kan sien.My vyande staan en kyk na my,
19 hulle trek lootjies om te sien wie my klere moet kry.
20 Maar U, Here, U moenie ver van my wees nie.Net U kan my sterk maak, U moet my gou kom help.
21 U moet my lewe kom red van my vyande se swaarde,U moet my red van hierdie honde.