23 Ek sal vir die ander mense van my volkvertel wat U gedoen het,ek sal U prys daar waar hulle bymekaar is.
24 Julle moet die Here prys, julle almal wat Hom dien,die nageslag van Jakob moet Hom eer,die hele nageslag van Israelmoet bang wees vir Hom en moet Hom dien.
25 Wanneer ’n mens swaarkry,’n mens wat homself nie kan red nie,dan het die Here nie gemaak of dit nie belangrik is nie.Hy het nie sy gesig weggedraai van so ’n mens nie,Hy het gehoor toe ek geroep heten gevra het dat Hy my moet help.
26 Here, U laat my ’n lied sing om U te prysdaar waar die groot gemeente bymekaar is.Ek sal doen wat ek belowe het,die mense wat Hom dien, sal dit sien.
27 Die mense wat hulleself nie kan help nie,sal genoeg kos kry om te eet.Julle wat vra wat die Here wil hê,julle sal Hom prys.Ek bid dat dit altyd goed sal gaan met julle.
28 Al die mense sal onthou dat die Here daar is,hulle sal van oral op die aarde na Hom toe kom,al die volke sal voor Hom kom buig.
29 Ja, dit is die Here wat Koning is,Hy regeer oor die volke.