25 Wanneer ’n mens swaarkry,’n mens wat homself nie kan red nie,dan het die Here nie gemaak of dit nie belangrik is nie.Hy het nie sy gesig weggedraai van so ’n mens nie,Hy het gehoor toe ek geroep heten gevra het dat Hy my moet help.
26 Here, U laat my ’n lied sing om U te prysdaar waar die groot gemeente bymekaar is.Ek sal doen wat ek belowe het,die mense wat Hom dien, sal dit sien.
27 Die mense wat hulleself nie kan help nie,sal genoeg kos kry om te eet.Julle wat vra wat die Here wil hê,julle sal Hom prys.Ek bid dat dit altyd goed sal gaan met julle.
28 Al die mense sal onthou dat die Here daar is,hulle sal van oral op die aarde na Hom toe kom,al die volke sal voor Hom kom buig.
29 Ja, dit is die Here wat Koning is,Hy regeer oor die volke.
30 Al die mense sal voor Hom buig en hulle sal Hom dien,die mense wat meer as genoeg kos het om te eet,en die mense wat self te min kos het om te lewe,almal wat na die doderyk moet gaan.
31 Die mense wat later sal lewe, sal Hom dien,die geslagte wat later sal lewe, sal van die Here hoor.