6 Hulle het tot Ú geroep, net tot U,hulle het gevra dat U hulle moet help,en hulle het vry weggekom.Hulle het in Ú geglo, net in U,en U het hulle nie teleurgestel nie.
7 Maar ek, ek is ’n wurm, nie ’n mens nie.Mense spot my, niemand dink ek is belangrik nie.
8 Almal wat my sien, lag vir my,hulle steek hulle tong uit vir my.
9 Hulle sê: “Hy het gesê die Here moet hom help,nou moet die Here hom vrymaak.As die Here van hom hou, dan moet die Here hom red.”
10 Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is,U het my veilig laat rus teen my ma se bors.
11 U het vir my gesorg vandat ek gebore is,U is my God vandat ek klein was.
12 U moenie ver van my wees nie,want dit gaan sleg met my,en daar is niemand wat my help nie.