1 ’n Psalm van Dawid.Die Here is my Herder, Hy sorg vir my,ek het genoeg van alles.
2 ’n Herder bring sy skape na goeie weiveld,hulle eet genoeg en hulle gaan lê.Hy bring hulle na die water,en daar gaan hulle lê en rus.
3 So gee die Here ook vir my nuwe krag,Hy leer vir my om reg te lewe,want ek behoort aan Hom.
4 Ook wanneer ekdeur ’n diep en donker vallei moet loop,dan sal ek nie bang wees nie,want U, Here, is by my.U beskerm mysoos ’n herder sy skape beskermmet sy stok en met sy kierie.