3 So gee die Here ook vir my nuwe krag,Hy leer vir my om reg te lewe,want ek behoort aan Hom.
4 Ook wanneer ekdeur ’n diep en donker vallei moet loop,dan sal ek nie bang wees nie,want U, Here, is by my.U beskerm mysoos ’n herder sy skape beskermmet sy stok en met sy kierie.
5 U nooi my om by u tafel te sit,maar my vyande moet staan en kyk.U laat my baie belangrik voel,U laat my alles geniet.
6 U is goed vir my,en U doen wat U belowe het,U doen dit oral waar ek gaan,so lank soos ek lewe.Here, ek sal altyd weer terugkom na u tempel,ek sal dit my hele lewe lank doen.