1 ’n Psalm van Dawid.Die aarde en alles op die aarde,die wêreld en al die mense in die wêreld,almal behoort aan die Here,
2 want Hy het die aarde bo-op die water gesit,Hy het die aarde vas laat staan bo-op die diep water.
3 Wie mag opklim teen die berg van die Here?Wie mag gaan staan in sy gewyde plek?
4 Dit is die mens wat nie verkeerde dinge doen of dink nie,die mens wat nie afgode dien nieen wat nie vals is wanneer hy dinge belowe nie.
5 Die Here sal dit goed laat gaan met so ’n mens,God, sy Redder, sal sê so ’n mens is nie skuldig nie.
6 So sal dit gaan met die mense wat vra wat die Here wil hê,die mense wat naby Hom wil wees, die nageslag van Jakob.
7 Poorte, julle moet wyd oopgaan,deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan,want die Koning van die konings wil ingaan.