10 Die Here doen altyd wat hy belowe hetvir die mense wat gehoorsaam isaan sy verbond en sy wette.
11 Here, vergewe my sondes, dit is baie,doen dit, want ek behoort aan U.
12 Wanneer iemand die Here wil dien,dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe.
13 Dit sal altyd goed gaan met so iemand,en die land sal aan sy nageslag behoort.
14 Die Here vertel vir die mense wat Hom dien,alles wat Hy besluit,Hy sê vir hulle wat sy verbond beteken.
15 Ek wag elke dag dat die Here my moet help,want dit is Hy wat my voete losmaakuit die vangnet waarin mense my wil vang.
16 Kyk na my, Here,U moet genadig wees vir my,ek is alleen en ek kan myself nie red nie.