2 U moet my toets, Here,U moet goed kyk wat ek dink en wat ek voel,
3 want ek onthou altyd dat U doen wat U belowe het,ek weet net U is God.
4 Ek is nie een van die mense wat vals is nie,ek wil niks doen saam met skynheilige mense nie.
5 Wanneer slegte mense bymekaarkom,dan is ek nie by hulle nie,ek sit nie saam met die mense wat verkeerd doen nie.
6 Here, ek was my hande om te wys dat ek onskuldig isen ek loop om die altaar,
7 ek sing en ek sê vir U dankie,ek praat oor die wonderlike dinge wat U doen.
8 Here, ek is lief vir u tempel,die plek waar U, die Koning, woon.