7 ek sing en ek sê vir U dankie,ek praat oor die wonderlike dinge wat U doen.
8 Here, ek is lief vir u tempel,die plek waar U, die Koning, woon.
9 U moenie my wegvee saam met sondaars nie,U moenie my laat sterf saam met moordenaars nie.
10 Hulle is altyd gereed om slegte dinge te doen,hulle vat geld van skuldige menseen dan sê hulle dat daardie mense nie skuldig is nie.
11 En ek? Ek wil aanhou om eerlik te lewe,U moet my vrymaak en U moet genadig wees vir my.
12 Wanneer ek weer veilig is,dan sal ek die Here prys waar die gemeente bymekaar is.