1 Van Dawid.Die Here laat my lewe, Hy help my,daarom is ek vir niemand bang nie.Die Here beskerm my lewe,daarom skrik ek vir niemand nie.
2 Wanneer slegte mense kom om my aan te val,wanneer my vyande my wil doodmaak,dan is dit my vyande wat gly en val.
3 Wanneer soldate my van al die kante aanval,dan sal ek nie bang word nie.Wanneer vyande oorlog begin maak teen my,dan sal ek nog glo dat die Here my sal help.
4 Een ding het ek vir die Here gevraen dit wil ek altyd hê:Ek wil my hele lewe lank in sy tempel weesom te sien dat Hy goed is vir myen om vir Hom te mag vra wat Hy wil hê ek moet doen.
5 Want Hy sal my beskerm wanneer daar gevaar kom,Hy sal my veilig in sy tempel laat blysoos wanneer ’n mens hoog op ’n rots staan.
6 Daarom, ek sal wen teen my vyande rondom my,en ek sal juig en offers bring in sy tempel,ek sal sing en musiek maak vir die Here.
7 Here, U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet genadig wees en U moet my antwoord.