5 Want Hy sal my beskerm wanneer daar gevaar kom,Hy sal my veilig in sy tempel laat blysoos wanneer ’n mens hoog op ’n rots staan.
6 Daarom, ek sal wen teen my vyande rondom my,en ek sal juig en offers bring in sy tempel,ek sal sing en musiek maak vir die Here.
7 Here, U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet genadig wees en U moet my antwoord.
8 Ek onthou dat U gesê het ons moet U kom dien,en ek het gekom om U te dien.
9 U moenie keer wanneer ek U wil dien nie,U moenie vir my wegstuur nie.U het my altyd gehelp,moenie my nou los nie,moenie weggaan van my nie,want U is die God wat my red.
10 My pa en my ma sal my miskien los,maar die Here sal my by Hom hou.
11 Here, leer vir my hoe U wil hê ek moet lewe,lei my op ’n veilige pad, want ek het baie vyande.