3 Baie mense sê God sal my nie red nie. Sela
4 Maar, Here, U is vir my soos ’n skild,U beskerm my van al die kante.U maak my belangrik, mense respekteer my.
5 Wanneer ek die Here roep,dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela
6 Ek gaan lê en slaap, en ek word weer wakker,want die Here beskerm my.
7 Ek is nie bang wanneer tienduisende mensemy van al die kante wil aanval nie.
8 Ek sê: Here, U moet kom!My God, U moet my weer red!Ek vra dit, want U het my vyandehard geslaan op die kakebeen,U het die mense wat verkeerd doen,se tande gebreek.
9 Dit is net die Here wat kan help.U laat dit goed gaan met u volk. Sela