17 U moet naby my wees,naby my, ek is u dienaar,U moet my red, U het dit belowe.
18 Here, U moenie my laat verloor teen my vyande nie,ja, ek bid tot U, U moet die mense laat verloorwat verkeerd doen,U moet hulle stilmaak en na die doderyk stuur.
19 U moet die mense stilmaak wat leuens vertel,die mense wat hoogmoedig is en spogen wat dink hulle is beter as die mense wat reg doen.
20 U is altyd baie goed vir mense wat vir U dien.Al die mense kan sien U doen goed aan mensewat vra dat U hulle moet beskerm.
21 Wanneer mense planne maakteen die mense wat vir U dien,dan steek U hulle veilig weg by U,U beskerm hulle wanneer mense hulle beskuldig.
22 Ek prys die Here,want Hy het ’n wonderwerk gedoen.Toe mense my van al die kante aangeval het,het Hy gedoen wat Hy belowe het.
23 En ek?Toe ek so bang was,het ek gedink hulle sal my wegvat van U,maar U het geluister toe ek gesoebat heten gevra het dat U my moet help.