1 Van Dawid. ’n Lied.Dit gaan goed met ’n menswanneer die Here hom vergewe dat hy opstandig was,wanneer die Here hom nie straf oor sy sonde nie.
2 Dit gaan goed met ’n menswanneer die Here nie sê dat hy skuldig is nie.Dit gaan goed met ’n menswat nie ander mense bedrieg nie.
3 Ja, toe ek stilgebly het oor my sondes,het ek die hele dag gekla en gesugen ek het maer geword,
4 want U het my elke dag en nag gestraf.Dit het gevoel of daar ’n vuur in my brand. Sela
5 Toe het ek my sonde vir U bely,ek het nie probeer wegsteekdat ek verkeerd gedoen het nie,ek het gesê ek sal vir die Here belydat ek opstandig was.En U het my sonde vergewe. Sela
6 Daarom moet elke mens wat in U glo, tot U bidwanneer dit met hom sleg gaan.Dan sal die watervloed hom nie wegspoel nie.
7 U beskerm my, U hou my weg van gevaar,U maak my vry, en ek kan daaroor sing.