3 Julle moet vir Hom ’n nuwe lied sing,julle moet goed speel en julle moet hard skree.
4 Want die Here praat die waarheid,Hy het gedoen wat Hy belowe het.
5 Hy hou daarvan dat mense reg leween dat hulle reg doen aan ander mense.’n Mens kan oral op die aarde siendat Hy doen wat Hy belowe het.
6 Die Here het gesê die lug en die sterremoet daar wees,en toe was hulle daar.
7 Hy het die water van die see laat bymekaarkomsoos in ’n dam,Hy het die diep water in stoorkamers gebêre.
8 Al die mense in die wêreld moet bang wees vir die Here,almal wat in die wêreld woon, moet die Here respekteer,
9 want wanneer Hy praat, dan gebeur dinge,wanneer Hy sê iets moet daar wees, dan is dit daar.