1 Van Dawid. Toe hy by Abimelek was, het hy gemaak of hy mal is, en Abimelek het hom weggejaag.
2 Ek sal die Here altyd prys,ek sal aanhou sing vir Hom.
3 Ek sal vir almal sê wat die Here gedoen het.Die mense wat hulleself nie kan help nie,moet dit hoor en hulle moet bly wees.
4 Julle moet saam met my sing en sêdie Here is groot,julle moet almal saam sy Naam prys.
5 Ek het vir die Here gevra wat met my sal gebeur,en Hy het my geantwoord.Ek was bang vir baie dinge,maar Hy het my van alles gered.
6 Die mense wat hulleself nie kan help nie,wag dat Hy hulle moet help, hulle weet Hy sal help,en hulle is bly.
7 Ek kan myself nie beskerm nie, ek het gebid,en die Here het gehoor.Hy het my gered van alleswat dit sleg laat gaan het met my.