20 Maar die mense wat verkeerd doen, sal sterf.Die vyande van die Here is soos die veldblomme,hulle verdwyn in die rook en hulle is weg.
21 Die mens wat verkeerd doen,leen van ander mense en hy gee nie terug nie.Die mens wat reg doen,is iemand wat vir ander mense goed isen wat gee.
22 Wanneer die Here mense seën,dan sal hulle die land kry,wanneer Hy mense vervloek,dan jaag Hy hulle weg uit die land.
23 Wanneer die Here tevrede is oor hoe ’n mens lewe,dan lei Hy hom en dan beskerm Hy hom.
24 Wanneer so ’n mens val, dan val hy nie hard nie,want die Here hou sy hand vas.
25 Ek is nou oud, maar vandat ek jonk was tot nou toe,het ek nie gesien dat die Here’n mens los wat reg lewe nie,ek het ook nie gesien dat so ’n mens se nageslagnie kos het nie.
26 Die mens wat reg lewe, kan die hele dag lankgoed wees vir ander mense en vir hulle dinge leen,en sy nageslag laat dit goed gaan met ander mense.