4 My hele lyf is seeromdat U vir my kwaad is,niks in my is heel nieomdat ek sonde gedoen het.
5 Die verkeerde dinge wat ek gedoen het,is soos iets wat ek moet dra wat baie swaar is,en dit is te swaar vir my.
6 Ek is ’n dwaas,daarom is my liggaam vol seerplekkewat stink en nog seerder word.
7 Ek is krom, ek kan nie regop loop nie,ek loop die hele dag en huil en treur,
8 want dit voel of daar ’n vuur in my is,my hele lyf is seer.
9 Ek is naby my einde, ek kan nie meer aanhou nie,ek brul soos ’n leeu, want alles in my voel deurmekaar.
10 My Here, U weet alles wat ek wil vra,U hoor hoe ek kla en sug.