1 Vir die leier van die koor: Van Jedutun. ’n Psalm van Dawid.
2 Ek het gedink ek wil nie dinge sêwaarmee ek sonde doen nie,ek wil my mond toehouwanneer ’n mens wat verkeerd doen,voor my staan.
3 Ek het nie gepraat nie, ek het stilgebly,maar dit was nie goed vir my nie,my pyn het meer en meer geword.
4 Die pyn het gebrand in my.Wanneer ek daaraan gedink het,dan het die pyn meer gebrand.En toe het ek gepraat.Ek het gesê:
5 Here, U moet vir my laat weetwanneer ek sal sterf.Hoe lank sal ek nog lewe?Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees.