2 Ek het gedink ek wil nie dinge sêwaarmee ek sonde doen nie,ek wil my mond toehouwanneer ’n mens wat verkeerd doen,voor my staan.
3 Ek het nie gepraat nie, ek het stilgebly,maar dit was nie goed vir my nie,my pyn het meer en meer geword.
4 Die pyn het gebrand in my.Wanneer ek daaraan gedink het,dan het die pyn meer gebrand.En toe het ek gepraat.Ek het gesê:
5 Here, U moet vir my laat weetwanneer ek sal sterf.Hoe lank sal ek nog lewe?Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees.
6 Ek weet, U sal my nie lank laat lewe nie,vir U is die tyd wat ek lewe, soos niks.Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela
7 ’n Mens se lewe is soos ’n skaduweewat verbygaan,hy maak hom moeg, maar hy kry niks daarvoor nie.Hy maak baie goed bymekaarmaar hy weet nie wie dit sal kry nie.
8 En daarom, Here, wat kan ek hoop?Ek weet dit is net U wat kan help.