4 Ja, hulle het die land gevat,maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie,hulle het gewen,maar nie omdat hulle self sterk was nie.Nee, dit was Ú wat sterk wasen wat by hulle was,omdat U lief was vir hulle.
5 O God, dit is U wat my Koning is.Wanneer U dit sê, dan sal Jakob wen.
6 As U by ons is,dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is.As U ons stuur,dan sal ons die mense plat trapwat oorlog wil maak teen ons.
7 Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaardwen nie ’n oorlog vir my nie.
8 Want U het ons gered van ons vyande,U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.
9 Ons het aangehou praatoor wat God gedoen heten ons sal u Naam altyd prys. Sela
10 En toe stoot U ons weg en U verneder ons,U gaan nie saam wanneer onsoorlog gaan maak nie.