2 Al die volke, julle moet hande klap,julle moet hard skree en sing vir God,
3 want almal moet die Here eer,die Here, die Hoogste God.Hy is die Groot Koning van die hele aarde.
4 Hy het ons laat wen teen ander volke, hulle moet ons dien.
5 Hy kies vir ons die land wat altyd ons land mag wees,die pragtige land van Jakob vir wie Hy lief is. Sela
6 Toe God na sy tempel gaan,het die mense geskree,hulle het vir die Here die ramshoring geblaas.
7 Julle moet sing vir God, julle moet sing,julle moet sing vir ons Koning, julle moet sing,
8 want God is die Koning van die hele aarde,julle moet vir Hom ’n lied sing.