6 Ek sal nie bang wordwanneer dit sleg gaan nie,wanneer ek die sondes rondom my sienvan mense wat my bedrieg nie.
7 Hulle dink hulle geld en rykdom sal hulle help,hulle spog oor die baie goed wat hulle het.
8 Een mens kan nie ’n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie,hy kan nie vir God betaalom die persoon vry te maak nie.
9 Om te betaal vir sy lewe,sal te veel kos.Hy sal nooit genoeg kan betaal
10 sodat hy vir altyd kan leween nie in die graf kom nie.
11 Ja, hy sal sien dat wyse mense ook sterfsoos dwase en dom mense,hy sal sien hulle sterfen hulle los hulle geld en rykdom vir ander mense.
12 Hulle bly altyd in die graf,elke nuwe geslag sien dat hulle daar is,hierdie mense wat voorheenelkeen sy eie grond gehad het.