1 Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. ’n Psalm van Dawid.
2 Here, U moet luister na wat ek sê,U moet hoor hoe ek kla en sug.
3 My Koning en my God,U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help,want dit is tot U wat ek bid.
4 Here, wanneer ek in die oggend bid,dan sal U hoor.Ek kom staan voor U in die oggenden ek wag dat U my moet help,
5 want U is ’n Godwat nie hou van verkeerde dinge nie.Slegte dinge gebeur nie by U nie.
6 Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie,U haat almal wat slegte dinge doen.
7 U laat die mense sterf wat leuens vertel,U haat mense wat ander mensevermoor of bedrieg.