10 Ek vra dit, want hierdie mensepraat nie die waarheid nie.Hulle dink net oor hoe hulle my kan laat sterf,hulle sê verkeerde dinge oor my,hulle wil my in my graf bring.En wanneer hulle mooi dinge sê,dan is hulle vals.
11 O God, U moet hulle straf.Die planne wat hulle maak, moet hulle self laat sterf.U moet hulle wegjaag na al die kante toe,want hulle doen baie sonde,hulle is opstandig teen U.
12 Maar U moet die mense bly maak,die mense wat vra dat U hulle moet beskerm,U moet hulle altyd laat juig en U moet hulle beskerm.U moet die mense vrolik laat wees,die mense wat lief is vir u Naam.
13 Ja, Here, U seën mense wat reg lewe,U is goed, U beskerm hulle soos ’n skild.