14 U moet my redsodat ek weer bly kan wees,U moet my helpom gehoorsaam te wil wees aan U.
15 Ek sal vir mense wat opstandig is,leer hoe om vir U te dien,sondaars sal terugkom na U toe.
16 O God, U moet my redsodat mense my nie doodmaak nie.U is die God wat my sal red,ek sal juig wanneer U my red.
17 My Here, gee vir my die woordeom U te prys,
18 want offers is nie vir U belangrik nie,U hou nie daarvandat ek net brand-offers gee nie.
19 Die offers wat God wil hê,is dat ’n mens jammer moet weesoor sy sonde.O God, U wil hê dat ’n mens sleg moet voeloor sy sondeen jammer wees daaroor.
20 U moet besluit om weer goed te doen aan Sion,U moet die mure van Jerusalem weer bou.