5 Jy hou meer daarvan om slegte dinge te doen,jy wil nie goeie dinge doen nie.Jy hou meer daarvan om te lieg,jy wil nie die waarheid praat nie. Sela
6 Jy hou daarvan om mense te bedrieg,jy wil hê hulle moet verkeerd dink.
7 Maar God sal iets doen,Hy sal jou vir altyd breek.Hy sal jou uitruk uit jou woonplek,Hy sal jou laat sterf. Sela
8 Die mense wat reg lewe, sal dit sienen hulle sal bang word.Dan sal hulle vir hom lag en sê:
9 “Dit is die man wat nie wou hêdat God hom moet beskerm nie,die man wat gedink het al sy baie goedsal hom help.”
10 Maar ek?Ek is soos ’n groen olyfboom,ek is in die tempel.Ek is seker dat God altyd sal doenwat Hy belowe het.
11 O God, ek sal aanhouom vir U dankie te sê vir wat U gedoen het.Ek sal sê U is goed,ek sal dit doen sodat die mense my kan hoor,die mense wat in U glo.