2 toe die Siffiete vir Saul gaan sê het dat Dawid by hulle wegkruip.
3 O God, U self moet my red,U is sterk, U moet vir almal wys dat ek onskuldig is.
4 O God, U moet luister na my gebed,U moet doen wat ek vir U vra,
5 want mense wat ek nie ken nie, wil my aanval,wrede mense wil hê dat ek moet sterf.Hulle maak of daar nie ’n God is nie.
6 Hulle moet weet dat dit God is wat my help,my Here beskerm my lewe.
7 Hy sal aan my vyande die slegte dinge doenwat hulle aan my wou doen.O God, U doen altyd wat U self besluit,U moet hulle vir altyd stil laat word.
8 Ek sal ’n offer bring wat U nie gevra het nie,ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.