1 Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. ’n Lied van Dawid.
2 O God, U moet luister na my gebed,U moenie maak of U nie hoor dat ek soebat nie.
3 U moet luister en my antwoord.Ek is baie bekommerd, ek is bang
4 wanneer ek hoor wat my vyande sê,wanneer die mense wat verkeerd doen,my wil laat swaarkry.Want hulle beskuldig my vals,hulle is kwaad en hulle haat my.