2 O God, U moet luister na my gebed,U moenie maak of U nie hoor dat ek soebat nie.
3 U moet luister en my antwoord.Ek is baie bekommerd, ek is bang
4 wanneer ek hoor wat my vyande sê,wanneer die mense wat verkeerd doen,my wil laat swaarkry.Want hulle beskuldig my vals,hulle is kwaad en hulle haat my.
5 My hart klop baie vinnig,ek is bang dat ek sal sterf.
6 Ek het bang geword, baie bang,my hele liggaam bewe.
7 Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos ’n duif,dan sal ek wegvlieg en op ’n ander plek gaan woon.
8 Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela