4 wanneer ek hoor wat my vyande sê,wanneer die mense wat verkeerd doen,my wil laat swaarkry.Want hulle beskuldig my vals,hulle is kwaad en hulle haat my.
5 My hart klop baie vinnig,ek is bang dat ek sal sterf.
6 Ek het bang geword, baie bang,my hele liggaam bewe.
7 Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos ’n duif,dan sal ek wegvlieg en op ’n ander plek gaan woon.
8 Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela
9 Ek sal gou gaan kyk waar ek kan wegkruipvir die stormwind, die wind wat my wil wegwaai.
10 Here, U moet my vyande deurmekaar maak,die een moenie weet wat die ander een sê nie.Want ek sien daar is mense in die stadwat altyd wil slaan en baklei.