5 Ek weet God sal my help.Hy het dit belowe, en ek prys Hom.Ek weet God sal my help, ek is nie bang nie.Mense kan niks aan my doen nie.
6 My vyande hou aan om te sêdat ek verkeerde dinge gesê het,maar ek het nie daardie dinge gesê nie.Hulle maak altyd planneom dit sleg te laat gaan met my.
7 Hulle wil my aanval, hulle kruip wegen hulle kyk na alles wat ek doen.Hulle hoop hulle kan my laat sterf.
8 O God, U moet hulle nie vry laat wegkom nie,want hulle het sonde gedoen,U moet kwaad word en U moet hierdie mense straf.
9 U weet hoe swaar ek kry.As U my trane in u velsak sit,dan sal U sien hoe baie hulle is.U moet dit in u boek skryf.
10 Wanneer ek roep en vra dat U my moet help,dan sal my vyande omdraai en vlug.Ek weet dit, want God help my teen hulle.
11 Ek weet, God het dit belowe, en ek prys Hom,ek weet, die Here het dit belowe, en ek prys Hom.