8 O God, U moet hulle nie vry laat wegkom nie,want hulle het sonde gedoen,U moet kwaad word en U moet hierdie mense straf.
9 U weet hoe swaar ek kry.As U my trane in u velsak sit,dan sal U sien hoe baie hulle is.U moet dit in u boek skryf.
10 Wanneer ek roep en vra dat U my moet help,dan sal my vyande omdraai en vlug.Ek weet dit, want God help my teen hulle.
11 Ek weet, God het dit belowe, en ek prys Hom,ek weet, die Here het dit belowe, en ek prys Hom.
12 Ek weet dat God my sal help, ek is nie bang nie,mense kan niks sleg aan my doen nie.
13 O God, ek moet nou doen wat ek belowe het,ek sal dank-offers bring vir U,
14 want U het my gered van die dood,U het gekeer sodat ek nie val nie.Ek kon aanhou lewe naby God,ek kon lewe in sy lig, dit is die lig wat my laat lewe.