7 My vyande wou my vangsoos ’n mens ’n voël in ’n vangnet vang,dit het sleg gegaan met my.Hulle het ’n gat gegrawe vir mymaar hulle het self in die gat geval.
8 O God, ek weet wat ek wil doen.Ek wil sing en musiek maak.
9 Ek wil wakker word,ek wil my harp en my lier neemen ek wil sing voordat die son opkom.
10 Ek wil hê al die volke moet hoorwanneer ek vir U dankie sê en vir U sing,
11 want U doen oral wat U belowe,ook tot by die hemel.U is oral dieselfde,ook tot by die wolke.
12 O God, U moet vir almal wysdat U die Groot Koning isvan die hemel en van die hele aarde.