1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Lied.
2 Is dit regtig reg wat julle sê,julle wat oor die mense moet regeer?Is julle regverdig wanneer julle die mense oordeel?
3 Nee, julle dink altyd hoe julle verkeerde dinge kan doen,julle doen slegte dinge aan mense in die land.
4 Mense wat verkeerd doen, mense wat aanhou lieg,doen die verkeerde dinge vandat hulle gebore is.
5 Alles wat hulle sê, is soos ’n slang se gif,soos die gif van ’n giftige slangwat maak of hy niks hoor nie
6 en wat nie wil luister na die mensewat met slange speel nie,die slim mense wat weet hoe om met slange te praat.
7 O God, U moet die mense wat verkeerd doense tande uit hulle mond uitbreek.Here, hulle is soos leeus met skerp tande,maar U moet hulle tande uitslaan.