6 en wat nie wil luister na die mensewat met slange speel nie,die slim mense wat weet hoe om met slange te praat.
7 O God, U moet die mense wat verkeerd doense tande uit hulle mond uitbreek.Here, hulle is soos leeus met skerp tande,maar U moet hulle tande uitslaan.
8 U moet hulle laat verdwynsoos water wat in die grond insak,U moet hulle pyle stukkend trapsoos ’n mens droë gras trap.
9 U moet hulle laat word soos slakkewat smelt en verdwyn terwyl hulle loop,U moet hulle laat word soos ’n kindwat doodgebore is en wat nooitdie son gesien het nie.
10 Die Here sal hulle laat verdwyn,vinniger as doringtakke wat brand onder ’n pot,ook die takke wat nog groen is.
11 Die mense wat reg doen, sal baie bly weeswanneer hulle sien hoe die Heredie mense straf wat verkeerd doen.Dit sal wees soos wanneer iemand sy voete wasin die bloed van sy vyande.
12 Mense sal sê: “Waarlik,dit sal goed gaan met die mens wat reg doen.Daar is ’n God wat die mense op die aarde reg oordeel.”