1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Lied, toe Saul manne gestuur het om by Dawid se huis wag te staan, sodat hulle hom kon doodmaak.
2 My God, U moet my red van my vyande,U moet my beskerm teen die mensewat my wil aanval.
3 U moet my red van die mensewat slegte dinge doen,U moet my beskerm teen die moordenaars.
4 Want U moet dit weet, dit is sterk mensewat vir my wag en wat my wil aanval.Ek het niks verkeerd gedoen nie,ek het nie ’n fout gemaak nie.
5 Ek het niks gedoen nie,maar hulle maak vinnig gereed om my aan te val.U moet my kom help, U moet kyk wat hulle doen.
6 U, Here, God wat oor alles regeer, God van Israel,U moet nou begin om al die volke te straf,U moenie genadig wees vir verraaiers nie. Sela