9 Maar U, Here, U lag vir hulle,U lag vir al die volke.
10 Dit is die Here wat my sterk maak,ek sal aanhou wag dat Hy my moet help,want by Hom is ek veilig.
11 Hy is die God wat vir my sal doenwat Hy belowe het,Hy sal my vyande voor my laat val.
12 U moenie vir hulle dadelik doodmaak nie,dan kan my volk onthou dat U my laat wen het.U moet hulle na al die kante toe jaag,U is sterk, U moet hulle op die grond laat val.My Here, U beskerm ons.
13 U moet dit doen, want hulle doen sondewanneer hulle praat.U moet hulle straf, want hulle is hoogmoedig,hulle vervloek mense en hulle lieg.
14 U moet wys dat U kwaad is, U moet hulle laat sterf,U moet hulle almal laat sterf.Dan sal almal weet dat dit God is wat regeeroor sy volk Israel en oor die hele aarde. Sela
15 Dit is hulle wat elke aand terugkomen soos honde raas en om die stad loop.