1 Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek, met basstem. ’n Psalm van Dawid.
2 Here, U moenie vir my straf wanneer U kwaad is nie.
3 Here, U moet jammer wees vir my en my help,want dit gaan sleg met my,U moet my gesond maak, want ek is baie siek.
4 Ek is baie bang.Wanneer sal U my help?
5 Here, U moet my weer red sodat ek nie sterf nie.Ek behoort aan U, U moet my red.
6 Want ’n mens wat dood is, kan nie aan U dink nie.Niemand in die doderyk kan U prys nie.