4 Ek is baie bang.Wanneer sal U my help?
5 Here, U moet my weer red sodat ek nie sterf nie.Ek behoort aan U, U moet my red.
6 Want ’n mens wat dood is, kan nie aan U dink nie.Niemand in die doderyk kan U prys nie.
7 Ek is moeg, ek het aangehou kla en sug,ek huil die hele nag, my bed is nat van die trane.
8 My vyande laat my swaarkry,my oë is swak van die pyn,ek kan amper nie meer sien nie.
9 Julle almal wat slegte dinge doen,julle moet weggaan van my,want die Here het gehoor hoe ek huil.
10 Hy het gehoor hoe ek soebat,Hy het gehoor wat ek bid.