5 My vyande wil net een ding doen,hulle wil my verneder.Hulle hou daarvan om te lieg.Hulle sê dat hulle my seën,maar in hulle hart vervloek hulle my.
6 Ek kan net by God stil wees,ek wéét Hy sal my help.
7 Net Hy is my rots,Hy red my en beskerm my,my vyande kan my nie wen nie.
8 Dit is God wat my sal reden wat vir my eer sal gee.Hy is my sterk rots, ek vra dat Hy my moet beskerm.
9 My volk, julle moet altyd glo dat God julle sal help,julle moet vir Hom sê hoe julle in julle harte voel.God sal ons beskerm. Sela
10 Mense is soos wind,mense beteken niks.Wanneer jy hulle op ’n weegskaal sit,dan sal jy sien hulle weeg niks.Hulle almal saam beteken minder as wind.
11 Julle moenie dink dat dit met julle goed sal gaanwanneer julle die goed vat wat julle nie moet kry nie,julle moenie dink dat dit vir julle sal helpom ander mense se goed te vat nie.En wanneer julle ryk word, moenie dan dinkdat julle alles het wat julle moet hê nie.