2 O God, U moet luister, ek vra dat U my moet help.Ek is bang vir my vyande, U moet my lewe red.
3 Slegte mense maak planne teen my,U moet my beskerm teen hulle,teen die mense wat my haaten slegte dinge doen.
4 Die dinge wat hulle sê, is soos skerp swaarde.Hulle woorde is so giftig soos gifpyle.
5 Hulle sit op plekke waar niemand hulle sien nieen hulle skiet ’n eerlike menswat nie dink dat hulle dit sal doen nie.Hulle skiet hom en hulle is nie bang nie.
6 Hulle hou aan om slegte dinge te doen,hulle sê vir mekaar hoe hulle’n vangstrik kan neersit.Hulle dink niemand sien hulle nie
7 en niemand kan uitvind watter slegte dingehulle wil doen nie.Hulle sê: “Ons het planne gemaak,niemand weet daarvan nie.Niemand weet wat ’n mens dink nie.”
8 Maar God sal hulle skiet met sy pylwanneer hulle nie dink dat Hy dit sal doen nie.Hy sal raakskiet.