6 Hy het die see verander,en dit het droë grond geword,sy volk het deur die see geloop.Hulle was daar baie bly oor wat Hy gedoen het.
7 God is sterk, Hy regeer altyd,Hy kyk wat die volke doen.Die mense wat opstandig is,moenie dink hulle is sterker as God nie. Sela
8 Volke, julle moet ons God prys,almal moet hoor hoe julle Hom prys.
9 Hy het ons laat aanhou lewe,Hy het ons voete nie laat gly nie.
10 Ja, o God, U het ons getoetssoos ’n mens silwer in ’n vuur smeltom dit te toets.
11 U het ons in ’n vangnet laat val,U het ons swaar goed laat dra,
12 U het mense op ons laat trap,ons het deur vuur en deur water gegaan.Maar U het dit weer goed laat gaan met ons.