8 Volke, julle moet ons God prys,almal moet hoor hoe julle Hom prys.
9 Hy het ons laat aanhou lewe,Hy het ons voete nie laat gly nie.
10 Ja, o God, U het ons getoetssoos ’n mens silwer in ’n vuur smeltom dit te toets.
11 U het ons in ’n vangnet laat val,U het ons swaar goed laat dra,
12 U het mense op ons laat trap,ons het deur vuur en deur water gegaan.Maar U het dit weer goed laat gaan met ons.
13 Ek sal na u tempel kom en brand-offers bring,ek sal die dinge doen wat ek belowe het,
14 die dinge wat ek gesê het,die dinge wat ek belowe hettoe dit sleg gegaan het met my.