16 Basan-berg, jy wat ’n groot berg is,Basan-berg, berg wat baie hoë punte het,
17 al die berge wat baie hoë punte het,hoekom is julle jaloersop die berg waar God wil woon,die berg waar die Here altyd wil woon?
18 God het baie oorlogkarre,twee maal 10 000 en nog baie duisende.Die Here is in hulle.Soos Hy op Sinai-berg was,so is Hy nou in die tempel.
19 Toe U opgegaan het teen die hoë berg,het U gevangenes saamgevat.U het presente van die mense geneem,ook van die mense wat opstandig was teen U.U, o Here, o God, het op die berg gaan woon.
20 Ons wil die Here prys, Hy dra ons elke dag.Dit is God wat ons red. Sela
21 Hy is ons God, die God wat ons altyd help.Die Here red mense sodat hulle nie sterf nie.
22 Ja, God sal sy vyande se koppe stukkend slaan,die koppe van die mense wat aanhou sonde doen.